In hierdie Nuusbrief

  • Fase 2 terugvoer
  • Dispensasie vir Uie Merkvereistes
  • Dankie

Beste Korkom Produsent

  1. FASE 2 TERUGVOER 

    Aartappels hektare soos volg:

  • Moere   68 hektaar
  • Tafel   5 hektaar
  • Proses 9 hektaar
  • Totaal 08 hektaar
  • Opbrengs 2,106,580 sakkies

 

Uie hektare soos volg:

  • Totaal             8 hektaar
  • Opbrengs 11,930,293 sakkies
  • Nas Markte 6,522,388 sakkies
  • Direk 4,035,210 sakkies
  • Uitvoere EU 2,089 sakkies
  • Uitvoere Afrika 1,370,606
  • Gem t/ha 04Bestuur spekuleer oor die gemiddelde ton per hektaar, indien opbrengs na 58 t/ha aangepas word, verminder opbrengs met 1 miljoen sakkies (wat ‘n 1 miljoen sakkies minder na Nasionale Markte sinspeel)
  1. DISPENSASIE VIR UIE MERKVEREISTES 

    Mnr. Vincent Hewitt het einde verlede jaardispensasie vir die afkortings van grootte groepe op uie sakkies en palette aangevra.  Dispensasie is toegeken en is reeds so aan lede gekommunikeer.  Korkom sal jaarliks dispensasie vir bogenoemde aanvra.

  1. DANKIE

    Kantoor wil graag lede bedank dat hul Fase 2 opnames so spoedig voltooi en deurgestuur het.  Groot waardering daarvoor.

Korkom groete.

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

In hierdie Nuusbrief

  • Fase 1 opname Aartappels en Uie Inligting
  • Agente & Produsente Inligtingsdag
  • AJV vir 2018

 

Beste Korkom Produsent

FASE 1 OPNAMES

Die droogte en water wat onder druk is, het ‘n enorme effek op hektare:

Aartappels:

  • Moere   83 hektaar
  • Tafel   90 hektaar
  • Proses 159 hektaar
  • Totaal 332 hektaar
  • Opbrengs 2,114,500 sakkies

2017 was ons hektare 1076.

Uie:

  • Fase 1 1653 hektaar
  • Opbrengs 9,918,000 sakkies wat dui op ‘n opbrengs van 60t/ha
  • Uitvoere 1,534,820 sakkies

Dit is 1270.35 hektaar minder as 2017-seisoen (2923.35 ha) en 900.55 hektaar minder as Fase 0 opname (2022.8 ha) soos gedoen in Augustus.
Die feit dat gemiddelde opbrengste hoër mag wees as langtermyn gemiddelde is ‘n moontlikheid omrede produsente goed na produk sal kyk en op uitgesoekte gronde geplant het.

AGENTE & PRODUSENTE INLIGTINGSDAG

Soos hierbo genoem gaan droogte ‘n enorme effek hê op alle hektare, daarom die besluit dat geen Agente Inligtingsdag Januarie 2018, gehou gaan word nie.

KORKOM AJV VIR 2018

Dagboek ons AJV se datum: Dinsdag, 28 Augustus 2018 om 16h00.

Korkom groete

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

In hierdie Nuusbrief

  • Heropname Uie
  • AJV dagboek datum

Beste Korkom Produsent

Heropname Uie

Met die Noorde wat nou al hoe sterker begin bemark, was Bestuur nuuskierig om te weet hoeveel uie uit ons streek nog na Munisipale Markte gelewer gaan word.  Dankie vir almal se spoedige terugvoer, ons deel graag die inligting met julle.

Januarie Projeksie      2923.35 ha      62.93   gemiddelde t/ha

Projeksie Fase 2 na Munisipale Markte:  10,517,936 sakkies

Heropname Junie 2017:

Korkom AJV, dagboek datum

Korkom se Algemene Jaarvergadering vind vanjaar Dinsdag, 22 Augustus om 16h00 te Kaleo Gasteplaas, plaas.  Dagboek asseblief hierdie datum.  Tydens hierdie geleentheid sal goeie terugvoer deur Universiteit Stellenbosch se Navorsingspan rakende die PHI projek en ander navorsing gegee word, soos wat ons verlede jaar al belowe het.

Ons beplan ook ‘n goeie spreker oor die Onderwerp “Ondergrondse Watertafel”.  Bestuur glo dit sal ‘n interessante onderwerp vir baie van ons wees, veral met verwysing na die droogte.

Sterkte met die finale bemarking en veilig ry indien jy en jou gesin ‘n bietjie gaan uitspan gedurende Junie/Julie Skoolvakansie.

Korkom groete.

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

Datum :  15 Maart 2017
In hierdie Nuusbrief: Nuwe Fase 2 Uie opname


Beste Korkom Produsent

Na vanoggend se Korkom Bestuursvergadering en heropname wat sopas gedoen is, wil dit vir ons voorkom dat daar minder volumes mag wees as wat Januarie 2017, geprojekteer is.
Januarie Projeksie      2923.35 ha

                                    62.93   gemiddelde t/ha

                                    18,654,535 opbrengs
Heropname Maart      2923.35 ha

                                    61.82   gemiddelde t/ha

                                    18,073,745 opbrengs

Korkom se gemiddelde opbrengs vir die afgelope 5 jaar is 57,0 t/ha.

2016    –           57.6

2015    –           59.2

2014    –           54.5

2013    –           53.9

2012    –           59.4

Sterkte verder met oes en bemarking.
Korkom groete.

Pieter du Toit Jr

VOORSITTER

Met uie aanplantings wat vanjaar 300 ha minder as 2015-seisoen is, is bemarking teenoor projeksie met 236,648 sakkies voor. Bestuur is ook bekommerd oor die negatiewe boodskap wat agente op markte teenoor Ceres uie deurgee. Bestuur doen ‘n beroep op u as produsent om jul besighede vir langtermyn te beskerm en daarom MOET daar nou sterk klem op graderings gelê word. Korkom produsente moet op hul kwaliteit in die nasionale markte onderskei word.
Of volumes hoër is as in 2015?

(Kliek hieronder om die volledige nuusbrief in PDF formaat af te laai)

Nuusbrief Maart 2016