In hierdie Nuusbrief

  • Fase 2 terugvoer
  • Dispensasie vir Uie Merkvereistes
  • Dankie

Beste Korkom Produsent

  1. FASE 2 TERUGVOER 

    Aartappels hektare soos volg:

  • Moere   68 hektaar
  • Tafel   5 hektaar
  • Proses 9 hektaar
  • Totaal 08 hektaar
  • Opbrengs 2,106,580 sakkies

 

Uie hektare soos volg:

  • Totaal             8 hektaar
  • Opbrengs 11,930,293 sakkies
  • Nas Markte 6,522,388 sakkies
  • Direk 4,035,210 sakkies
  • Uitvoere EU 2,089 sakkies
  • Uitvoere Afrika 1,370,606
  • Gem t/ha 04Bestuur spekuleer oor die gemiddelde ton per hektaar, indien opbrengs na 58 t/ha aangepas word, verminder opbrengs met 1 miljoen sakkies (wat ‘n 1 miljoen sakkies minder na Nasionale Markte sinspeel)
  1. DISPENSASIE VIR UIE MERKVEREISTES 

    Mnr. Vincent Hewitt het einde verlede jaardispensasie vir die afkortings van grootte groepe op uie sakkies en palette aangevra.  Dispensasie is toegeken en is reeds so aan lede gekommunikeer.  Korkom sal jaarliks dispensasie vir bogenoemde aanvra.

  1. DANKIE

    Kantoor wil graag lede bedank dat hul Fase 2 opnames so spoedig voltooi en deurgestuur het.  Groot waardering daarvoor.

Korkom groete.

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

In hierdie Nuusbrief

  • Fase 1 opname Aartappels en Uie Inligting
  • Agente & Produsente Inligtingsdag
  • AJV vir 2018

 

Beste Korkom Produsent

FASE 1 OPNAMES

Die droogte en water wat onder druk is, het ‘n enorme effek op hektare:

Aartappels:

  • Moere   83 hektaar
  • Tafel   90 hektaar
  • Proses 159 hektaar
  • Totaal 332 hektaar
  • Opbrengs 2,114,500 sakkies

2017 was ons hektare 1076.

Uie:

  • Fase 1 1653 hektaar
  • Opbrengs 9,918,000 sakkies wat dui op ‘n opbrengs van 60t/ha
  • Uitvoere 1,534,820 sakkies

Dit is 1270.35 hektaar minder as 2017-seisoen (2923.35 ha) en 900.55 hektaar minder as Fase 0 opname (2022.8 ha) soos gedoen in Augustus.
Die feit dat gemiddelde opbrengste hoër mag wees as langtermyn gemiddelde is ‘n moontlikheid omrede produsente goed na produk sal kyk en op uitgesoekte gronde geplant het.

AGENTE & PRODUSENTE INLIGTINGSDAG

Soos hierbo genoem gaan droogte ‘n enorme effek hê op alle hektare, daarom die besluit dat geen Agente Inligtingsdag Januarie 2018, gehou gaan word nie.

KORKOM AJV VIR 2018

Dagboek ons AJV se datum: Dinsdag, 28 Augustus 2018 om 16h00.

Korkom groete

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

In hierdie Nuusbrief

  • Heropname Uie
  • AJV dagboek datum

Beste Korkom Produsent

Heropname Uie

Met die Noorde wat nou al hoe sterker begin bemark, was Bestuur nuuskierig om te weet hoeveel uie uit ons streek nog na Munisipale Markte gelewer gaan word.  Dankie vir almal se spoedige terugvoer, ons deel graag die inligting met julle.

Januarie Projeksie      2923.35 ha      62.93   gemiddelde t/ha

Projeksie Fase 2 na Munisipale Markte:  10,517,936 sakkies

Heropname Junie 2017:

Korkom AJV, dagboek datum

Korkom se Algemene Jaarvergadering vind vanjaar Dinsdag, 22 Augustus om 16h00 te Kaleo Gasteplaas, plaas.  Dagboek asseblief hierdie datum.  Tydens hierdie geleentheid sal goeie terugvoer deur Universiteit Stellenbosch se Navorsingspan rakende die PHI projek en ander navorsing gegee word, soos wat ons verlede jaar al belowe het.

Ons beplan ook ‘n goeie spreker oor die Onderwerp “Ondergrondse Watertafel”.  Bestuur glo dit sal ‘n interessante onderwerp vir baie van ons wees, veral met verwysing na die droogte.

Sterkte met die finale bemarking en veilig ry indien jy en jou gesin ‘n bietjie gaan uitspan gedurende Junie/Julie Skoolvakansie.

Korkom groete.

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER

2008 was genomineer as die internasionale “Jaar van die Aartappel”. Aartappel SA het vereis dat elke streek in Suid Afrika hierdie belangrike nominasie gevier moet word deur die jaar met ‘n inisiatief af te sluit. Korkom het dit met ‘n groot sokker-toernooi van verskeie spanne afgesluit.

Die sokker inisiatief was egter so populêr en het vanselfsprekend ‘n jaarlikste instelling geraak. Spanne, plase en almal wat leef en beef is betrokke en elke jaar groei hierdie jaarlikse toernooi net meer.

Video materiaal van 2015 se “Potato Soccer Tournament”

Hierby aangeheg is informasie oor uie rakende die bermarkingstempo en addisionele inligting.

(Kliek om die inligting in PDF formaat af te laai)

Bemarkingstempo
Addisionele Inligting

Hierby aangeheg is informasie oor aartappels rakende die bermarkingstempo en addisionele inligting.

(Kliek om die inligting in PDF formaat af te laai)

Bemarkingstempo
Addisionele Inligting

Altesaam 112 rolspelers in die aartappels- en uie bedrywe het die Inligtingsdag van KORKOM op 20 Januarie 2010 bygewoon.  Peter Matthews van Kaapstad Mark, het tydens die geleentheid die produsente bedank vir hul ondersteuning aan die mark en elkeen teenwoordig die versekering gegeee dat dit vir Kaapstad Mark ‘n voorreg is om met die produsente uit die Ceres gebied besigheid te doen.

Gasspreker was Dr Johan van Deventer van Freshmark, hy het melding gemaak daarvan dat hy reeds 20 jaar lank in die varsprodukbedryf aktief is.  Hy is oortuig dat sekere fasette van die varsprodukmark aansienlik verander het die afgelope jare.  Een hiervan is bemarking.  Hy meen dat dit noodsaaklik is vir produsente om dieselfde moeite met hul bemarking te doen as met hul produksie.  Daarteenoor is hy ook van mening dat sekere fasette onveranderd gebly het oor die jare.  Sommige hiervan is integriteit en eerlikheid, die bou van verhoudings, dienslewering en die kwaliteit van produkte.  Volgens hom is voedselveiligheid, verskeidenheid, varsheid en gerief belangrike faktore vir verbruikers.

Hy’t gesê dat die varsproduktebedryf die regte bedryf is vir diegene met ‘n passie daarvoor.  Hy het produsente aangemoedig om saam te staan en om moeite met bemarking te doen en kennis aangaande bemarking te bekom.

BEMARKINGSINLIGTING

Aartappels

Mark du Plessis, HUB van Aartappels Suid-Afrika het die Sandveld, sowel as die landswye aartappelbemarkingssituasie geskets.  Hy het beklemtoon dat, met verwysing na statistiek van die afgelope 3 jaar, is dit duidelik dat die verbruiker bereid is om meer te betaal vir aartappels – en selfs nóg meet vir uie.  Hy het ook terugvoering gegee oor tendense op munisipale markte.  Die aanplantings vir 2010 dui op ±4000 hektaar meer as 2009, grootendeels vir die prosesseringsmark en ‘n gemiddelde prys tussen R27 en R29 per sakkie.  Die Sandveld en Oos-Vrystaat beïnvloed Ceres se bemarking en pryse.  Die voorspelling is dat pryse Maartmaand moontlik onder druk kan wees vir Ceres.

Ceres aartappel inligting

Daar is 959.75 hektaar vir die 2010-seisoen aangeplant, 62.25 hektaar meer as die vorige seisoen.  Projeksie van opbrengs 4,911,863 sakkies gem t/ha 51.17.
Gemiddelde prys per R per 10kg per maand op alle klasse behaal die afgelope vyf jaar:

  • 2009 –        91
  • 2008 –        77
  • 2007 –        21
  • 2006 –        59
  • 2005 –        74

Dis duidelik dat daar ‘n goeie styging in die pryse behaal, was.

Ceres Uie inligting

Fase 2 opname dui op 2498 hektaar geplant vir 2010-seisoen.  Opbrengs van 16,582,108 sakkies @ gem/ha van 66.38.
Ceres se gemiddelde prys per R per 10kg per maand op alle klasse behaal die afgelope vyf jaar:

  • 2009 –        55
  • 2008 –        56
  • 2007 –        93
  • 2006 –        98
  • 2005 –        43

Die Dagbestuur het besluit om opnuut te kyk na die funksionering van die Uie Werkgroep. Die besluit is om te konsollideer en eerder minder projekte aan te pak met meer akkurate uitsette.
Ons wil strategies organiseer om binne bepaalde beperkinge (proefwerk wat nie noodwendig statisties is, produsent betrokkenheid, die tydsfaktor en…

(Om verder te lees, laai gerus die dokument in PDF formaat af)

Uie Werkgroep – Vlugskrif