,

Nuusbrief Oktober 2017

In hierdie Nuusbrief

  • Fase 1 opname Aartappels en Uie Inligting
  • Agente & Produsente Inligtingsdag
  • AJV vir 2018

 

Beste Korkom Produsent

FASE 1 OPNAMES

Die droogte en water wat onder druk is, het ‘n enorme effek op hektare:

Aartappels:

  • Moere   83 hektaar
  • Tafel   90 hektaar
  • Proses 159 hektaar
  • Totaal 332 hektaar
  • Opbrengs 2,114,500 sakkies

2017 was ons hektare 1076.

Uie:

  • Fase 1 1653 hektaar
  • Opbrengs 9,918,000 sakkies wat dui op ‘n opbrengs van 60t/ha
  • Uitvoere 1,534,820 sakkies

Dit is 1270.35 hektaar minder as 2017-seisoen (2923.35 ha) en 900.55 hektaar minder as Fase 0 opname (2022.8 ha) soos gedoen in Augustus.
Die feit dat gemiddelde opbrengste hoër mag wees as langtermyn gemiddelde is ‘n moontlikheid omrede produsente goed na produk sal kyk en op uitgesoekte gronde geplant het.

AGENTE & PRODUSENTE INLIGTINGSDAG

Soos hierbo genoem gaan droogte ‘n enorme effek hê op alle hektare, daarom die besluit dat geen Agente Inligtingsdag Januarie 2018, gehou gaan word nie.

KORKOM AJV VIR 2018

Dagboek ons AJV se datum: Dinsdag, 28 Augustus 2018 om 16h00.

Korkom groete

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER