,

Nuusbrief Junie 2017

In hierdie Nuusbrief

  • Heropname Uie
  • AJV dagboek datum

Beste Korkom Produsent

Heropname Uie

Met die Noorde wat nou al hoe sterker begin bemark, was Bestuur nuuskierig om te weet hoeveel uie uit ons streek nog na Munisipale Markte gelewer gaan word.  Dankie vir almal se spoedige terugvoer, ons deel graag die inligting met julle.

Januarie Projeksie      2923.35 ha      62.93   gemiddelde t/ha

Projeksie Fase 2 na Munisipale Markte:  10,517,936 sakkies

Heropname Junie 2017:

Korkom AJV, dagboek datum

Korkom se Algemene Jaarvergadering vind vanjaar Dinsdag, 22 Augustus om 16h00 te Kaleo Gasteplaas, plaas.  Dagboek asseblief hierdie datum.  Tydens hierdie geleentheid sal goeie terugvoer deur Universiteit Stellenbosch se Navorsingspan rakende die PHI projek en ander navorsing gegee word, soos wat ons verlede jaar al belowe het.

Ons beplan ook ‘n goeie spreker oor die Onderwerp “Ondergrondse Watertafel”.  Bestuur glo dit sal ‘n interessante onderwerp vir baie van ons wees, veral met verwysing na die droogte.

Sterkte met die finale bemarking en veilig ry indien jy en jou gesin ‘n bietjie gaan uitspan gedurende Junie/Julie Skoolvakansie.

Korkom groete.

Pieter du Toit Jr
VOORSITTER